INSPIRATION 2015 - 2021

Die menslike gees het die ongelooflike vermoë om reeds die lente raak te sien terwyl  alles nog in winter grou geklee is; die merkwaardige geloof om te wil vlieg terwyl realiteite uitsigloosheid verkondig en te dans saam met die opkomende son al is die dag onseker.

b_800_600_0_0___images_stories_jaco_sieberhagen_reisiger_312x279x80_mm_klein.jpg

Reisiger

Wanneer die somerson roep

en jy op die rug van die wind wil ry,

gaan jy met vele vlerkesprei.

Daarom vra ek mooi

Bly tog jou eie skadu gooi.

 
b_800_600_0_0___images_stories_jaco_sieberhagen_danser_422x313x80_mm_klein.jpg

Danser

Die oggendstond dans ligvoet

op die maat van n Minuet.

Staan op en kom dans saam!

Dit het goud in die mond.

 

Vlieënier

Voëlvlug my vriend,

is vlieg

nie vlug.

 
b_800_600_0_0___images_stories_jaco_sieberhagen_net_ek__510x239x80mm_klein.jpg

Net ek

My gedagtes is gestensil

deur gister se skadus,

ou patrone waarlangs ek

slaafs moet skuifel.

Net ek kan nuwe stensils knip

en suikerbekkie roep

nuwe patrone waarlangs ek

vry kan vlieg.

 
b_800_600_0_0___images_stories_jaco_sieberhagen_mens_285x220x80_mm_klein.jpg

Mens

Die mens se is

n oogwink bestaan,

tussen kom en gaan

Genade gewis.

 
b_800_600_0_0___images_stories_jaco_sieberhagen_rietduiker_469x184x80_mm_klein.jpg

Rietduiker

Die rietduiker leer my

om soms geduldig te bly

en drup drup te droog

voor ek verder kan vlieg.

 
b_800_600_0_0___images_stories_jaco_sieberhagen_sanger_312x273x80_mm_klein.jpg

Sanger

Kom my tjommie,

tokkel daar n moppie

lat die Alibama en die rietkooinooi

hakiesdraad helemal stomp ka sing.

 
b_800_600_0_0___images_stories_jaco_sieberhagen_dromer_280x283x80_mm_klein.jpg

Dromer

Uit die leegte

styg n stippel

al hoer en hoer

tot daar waar drome

vol word.

 

Vrede

Vrede se oog fontein nooit

waar jou voete dwaal,

maar borrel daar

waar jy jou oog

elke oggend rig

 

Somer

aan die ander kant van winter

vladder somer uitbundig

vergete die kou

die grou

die yster klou

aan die anderkant van winter

wag somer getrou

 

Gesprek

woorde vlerkklap opdringerig

in die arena van my kopgeveg

waar elkeen aanspraak wil maak

op heerskappy van my tuin

en so my kyk bepaal

 

Lente

Wanneer winter grou

my kyk wil sluier

en alles verdof

kom fluister lente nektar

sodat ek weer eens

sy soet kan smaak

 

Voëls  van die Hemel

Jeug vlerk jou

om die onbekende in te spoed

na waar ontdek en ervaar welig groei.

‘n Wêreld waar môre nie bestaan,

want die voëls van die Hemel

word daar elke dag versorg.

 

Slaap

dagreis se tam

word op duisend vlerke

tot by nagrus se lafenis gedra

om veerlig sag

deur eenbedrywe te sweef

en met daeraad nuut gebore te word

 

Hoop

hoop

‘n vierletter woord

wat skadus skel

 

Mans Genoeg

Staan jou man

word gemaan,

maar wanneer is ‘n man dan ‘n man

wil ek wonder

vuurtrappers se voetval

vonk alles tot as

vredemakers se sagte tred

val op dowe ore

Staan jou man

word gemaan

die man wat ek is, is mans genoeg

wil ek reken

 

Girl with a dream

 

The Meeting

 

Taking Flight